|
|
The Cape Times - Most enjoyable smorgasbord of Baroque music
|
|
|
|
CHAMBER CONCERT, Tuesday 29th, St George's Cathedral; Camerata Tinta Barocca, with
soloists Marian Lewin, Peter Martens, Grant Brasler and Quentin Crida; Handel: Concerto
Grosso in B minor; Vivaldi: Concerto for Two Cellos in G minor; Handel: Organ Concerto
in A major; Tartini: Violin Concerto in A major; Bach: Brandenburg Concerto No 3
in G major.
|
|
|
|
Camerata Tinta Barocca is a small chamber orchestra formed by a dozen of Cape Town's
best young (well, mostly young) musicians - all string players, but for Brasler
on continuo keyboard. And, on the evidence of this most enjoyable concert, they
are to be commended not merely for initiative and enthusiasm, but for splendid musicianship,
too.
|
|
|
|
As is often the case with chamber concerts featuring music of the Baroque period,
the fare on offer resembles a smorgasbord rather than a three course meal. Given
this variety, no more than terse comment on the programme is possible.
|
|
|
|
The opening Concerto Grosso (Op 6 No 12) shows Handel at his urbane best and the
players responded with taut ensemble and good balances - especially commendable
in the opening Largo, full of ensemblic traps for the unwary. There followed a hugely
entertaining account of Vivaldi's concerto for two cellos, a work in which the delightful
invention of the opening two movements is, regrettably, not matched by the somewhat
stock phraseology of the third. Nonetheless, Lewin and Martens had the audience
rivetted with some electric playing.
|
|
|
|
Brasler (who provided solid continuo support throughout the concert) had less success
with his account of Handel's A major organ concerto. It was played on a chamber
organ set behind the strings and, unfortunately, the solo line rather lacked presence
in consequence. Perhaps the strings could have been further reduced for this piece?
|
|
|
|
In contrast, Crida (who also led for most of the concert) was heard to marvellous
effect in the near-virtuoso writing of the Tartini concerto, the fast movements
of which are characterised by skidding scales and lightning-quick ornamentation.
|
|
|
|
Finally, a lovely account of the entirely happy "Brandenburg 3", in which Crida
and co-instrumentalist de Roubaix swopped their violins to make up the trio of violas
required. It is a potentially dangerous exercise; the viola is larger, and every
interval on the fingerboard just a little wider than that on the violin. To their
credit, they appeared to have no difficulty in matching the infectious enjoyment
of the other players in this glorious work.
|
|
|
|
Deon Irish
|
|
|
|
|
|
|
|
Die Burger - Geslypte ensemble imponeer steeds
|
|
|
|
KAMERMUSIEK: Die Camerata Tinta Barocco. Eergister in die St. George-katedraal,
Kaapstad.
|
|
|
|
'n GOEIE eerste indruk is 'n belangrike oorwinning. Maar dit skep ook die druk om
die hoë peil te handhaaf.
|
|
|
|
Die Camerata Tinta Barocco het einde verlede jaar begin lewe kry, maar ek het eers
verlede maan met hierdie ensemble keenis gemaak toe hy in die St. George-katedraal
'n suiwer Barokprogram aangebied het. Sy volgende optrede was eergister in dieselfde
waardige lokaal, dié keer met musiek wat ietwat nader aan die hede lê. Ook hierdie
toets is verfrissend maklik geslaag.
|
|
|
Die spelers was nie almal dieselfde as die vorige keer nie. Die “ou” gesigte was
dié van Quentin Crida, Piet de Beer, Kevin Cook (almal viool), Henrike Kovats (basviool)
en Grant Bräsler (klavesimbel). Ook Emile de Roubaix was weer daar, maar het sy
viool vir ’n altviool verruil. Die talentvolle Philip Martens en Anouk Espi het
die vioolseksie versterk, terwyl Marelize Fourie in die plek van Cheryl de Havilland
die tjelloparty behartig het.
|
|
|
|
Hul eerste nommer, Carl Philipp Emanuel Bach (1714-1788) se driedelige Simfonie
no. 2, klink nog baie soos musiek uit die laat Barok. C.P.E. is een van die geniale
J.S. Bach se 20 kinders en een van ’n paar seuns wat ook komponiste geword het.
Die simfonie is lewendig uitgevoer.
|
|
|
|
Die res van die tyd is vir die twee reuse van die Weense Klassieke era gereserveer:
Joseph Haydn en W.A. Mozart.
|
|
|
|
Vir eersgenoemde se Tjelloconcerto no.1 het Peter Martens, Philip se ouer broer,
as solis verskyn. Peter is 34 jaar gelede in Kaapstad gebore en is al lank sinoniem
met eersterangse tjellospel – in die Kaapse Filharmoniese Orkes, in kleiner ensembles
en alleen. Hy was weer op sy stukke met sy suiwer, singende klank, gepoleerde tegniek
en fyn aanvoeling. Al kon ek heelaand geen swak plek vind nie, het niks my aangegryp
soos die stadige middeldeel van die Haydn-concerto nie.
|
|
|
|
Die kollegas het Martens pragtig ondersteun. Hoewel Haydn eintlik ook vir hobo’s
en horings voorsiening gemaak het, word hulle blykbaar soms deur die klavesimbel
vervang. Wanneer dit deur ’n meester soos Bräsler gedoen word, kla ’n mens nie,
al is jy so lief vir die horingklank.
|
|
|
|
Martens en die ensemble het die applous beloon met ’n toegif: ’n verkwikkende Paganini-fantasie
soos deur die Brits-Kaapse tjellis en komponis Allan Stephenson vir Martens verwerk.
|
|
|
|
Ná die pouse was Mozart se immergroen stryker-serenade Eine kleine Nachtmusik (’n
Klein Nagmusiek) aan die beurt. Danksy ’n plaat in my ouerhuis het ek amper ’n halfeeu
gelede daarop verlief geraak. Die vele luistersessies ten spyt het die Camerata
se weergawe dit splinternuut laat voel. Dit wil gedoen wees. Peter Martens het hier
Fourie se tjellostoel ingeneem.
|
|
|
|
’n Onaangekondigde toegif in die Klassieke styl het die geluksbeker meer as gevul.
Kapenaars het hier ’n afgeronde, jong ensemble wat hulle in groot getalle moet steun.
Die volgende geleentheid is op 14 Julie om 19:30 in die katedraal. Navrae: 021 782
2778.
|
|
|
|
|
|
|
|
Die Burger - Ná so 'n verwarmende musiekaand sê mens: bly te kenne, CTB
|
|
|
|
KONSERT: Die Camerata Tinta Barocca (CTB). Eergisteraand in die St. George-katedraal,
Kaapstad. SEDERT laat verlede Desember kry Die Burger elke nou en dan 'n versoek
om lesers te vertel van 'n nuwe ensemble se konserte in die Moederstad se Anglikaanse
katedraal. Vir die geleentheid eergister was 'n uitnodiging by. Die kennismaking
met die CTB was aangenaam.
|
|
|
|
Die naam impliseer dat die groep 'n kamerorkes is wat veral op Barokmusiek fokus.
'nMens word ook aan die wyn tinta barocca herinner. Onvanpas is dit nie, want die
spel was op dié nat, kouerige aand verwarmend soos goeie rooi wyn.
|
|
|
|
In aksie was mense in hul fleur: die violiste Quentin Crida, Kevin Cook, Piet de
Beer en Emile de Roubaix, die altviolis Jan-Hendrik Harley, die tjellis Cheryl de
Havilland, die basviolis Henrike Kovats asook die klavesinis Grant Bräsler. Net
oor Cook word in die gedrukte program uitgewei, omdat hy ook as solis in die kollig
was, maar nie een van die ander is aan gereelde konsertgangers onbekend nie. Crida,
wat die leier blyk te wees en ook ingelig oor van die komposisies gepraathet, was
tot onlangs die Kaapse Filharmoniese Orkes se assistent-konsertmeester. Dáár was
De Beer saam met hom sigbaar. Bräsler, St. George se assistent-orrelis, kon 'n mens
die laaste paar jaar meermaals voor orrels en klavesimbels bewonder.
|
|
|
|
Vyf stewige Barokskatte was op die program, wat die konsert iets meer as twee uur
lank gemaak het -- met 'n pouse wat die kans gebied het om die prag-gebou te verken.
|
|
|
|
Afgeronde samespel en lieflike akoestiek het die musiek gekenmerk. Eerste was die
Italianer Arcangelo Corelli se Concerto Grosso op. 6 nr. 7, en laaste die Duits-Engelse
meester George Frideric Handel se Concerto Grosso op. 6 nr. 2.
|
|
|
|
Vir die ander werke is 'n solis benodig. Cook, 'n Amerikaner wat hom in 1994 in
die Kaap gevestig het en tot 2003 'n lid van opeenvolgende simfonie-orkeste was,
het eersteklas gevaar in die grote J.S. Bach se Concerto in A mineur vir Viool,
Strykers en Continuo.
|
|
|
|
Vir twee skeppings van Bach se land- en tydgenoot Georg Philipp Telemann het Nicola
van Zyl Smit haar by die CTB aangesluit terwyl Cook en De Roubaix gerus het. Voor
die pouse was dit die vierdelige Concerto in C vir Altblokfluit, Strykers in Continuo
en later die sewedelige Suite vir Sopraanblokfluit, Strykers en Continuo. Van Zyl
Smit het vanjaar op Stellenbosch met lof 'n honneursgraad in blokfluitspel ontvang.
Totdat sy in September vir haar M.-graad na die Royal College of Music vertrek,
onderrig sy in skole. Hier en daar was 'n heserige noot, maar meestal was die fluitklank
suiwer en haar vingervaardigheid sodanig dat sy ook besonder ratse passasies goed
baasgeraak het. Die CTB se volgende katedraal-konsert is op 23 Junie om 20:00. Dan
word ook die Klassieke Haydn se Tjelloconcerto in C majeur gehoor. Teken dit gerus
aan. Kaartjies word by die deur verkoop. Eergister was die prys R50, vir studente
R30. Navrae: 021 782 2778 of crida@mweb.co.za.
|
|
|
|
|
|
|
|
BAROKMUSIEK: Die Camerata Tinta Barocca met Quentin Crida as solis en die
Audivi-vokale ensemble. Eergisteraand in die St. George-katedraal in Waalstraat.
|
|
|
|
DIE drie barokwerke wat die Camerata Tinta Barocca Donderdag gespeel het, het hierdie
groep se goeie samespel, uitstekende vakmanskap en gesonde musikale insig belig.
|
|
|
|
Die eerste werk op die program, die Concerto in G majeur Alla Rustica van Vivaldi,
is ’n concerto sonder ’n solis. Die drie kort dele het amper te vinnig verbygegaan,
maar die spelers se meelewing en konsentrasie is tog duidelik opgemerk.
|
|
|
|
In Tartini se Concerto in D majeur, op. 1, no. 4, het Quentin Crida as vioolsolis
baie goed gespeel. Sy tegniese vaardigheid sluit ’n uitstekende intonasie in en
sy spel is veilig en ritmies. ’n Glansryker toonklank sou dit miskien nóg sprekender
gemaak het. Die afsluitingswerk op die program was J.S. Bach se Orkessuite no.
3 in D majeur met die baie gewilde “Air” wat as die “Wysie op ’n G-snaar” bekend
staan. Dit was juis in dié “Air” waar enkele Franse eindes nie altyd ewe suksesvol
met die begin van die volgende frase verloop het nie. Die effense tydbuigings wou
net nie naatloos bind nie.
|
|
|
|
Die nege spelers bestaan uit vyf violiste en een elk vir altviool, tjello, kontrabas
en klavesimbel. Die blaasinstrumente en trom wat in die slag gebly het, is meestal
verdubbelings en sou glo die prys van die kaartjies te veel opgestoot het. Die vokale
ensemble se bydrae het bestaan uit Monteverdi se “Beatus Vir” (Psalm 111) en Purcell
se “Hear my prayer, O Lord” en “Rejoice in the Lord Alway”. Die nege sangers sing
suiwer, onopgesmuk en met sjarme. Maar ek kon nie help om te wonder of hulle nie
meer plesier uit hul sang geput het as die luisteraars nie.
|
|
|
Die Burger
Saturday 11th March, 2006
|