Camerata Tinta Barocca
 
Reviews for Camerata Tinta Barocca
The Cape Times - Most enjoyable smorgasbord of Baroque music
CHAMBER CONCERT, Tuesday 29th, St George's Cathedral; Camerata Tinta Barocca, with soloists Marian Lewin, Peter Martens, Grant Brasler and Quentin Crida; Handel: Concerto Grosso in B minor; Vivaldi: Concerto for Two Cellos in G minor; Handel: Organ Concerto in A major; Tartini: Violin Concerto in A major; Bach: Brandenburg Concerto No 3 in G major.
Camerata Tinta Barocca is a small chamber orchestra formed by a dozen of Cape Town's best young (well, mostly young) musicians - all string players, but for Brasler on continuo keyboard. And, on the evidence of this most enjoyable concert, they are to be commended not merely for initiative and enthusiasm, but for splendid musicianship, too.
As is often the case with chamber concerts featuring music of the Baroque period, the fare on offer resembles a smorgasbord rather than a three course meal. Given this variety, no more than terse comment on the programme is possible.
The opening Concerto Grosso (Op 6 No 12) shows Handel at his urbane best and the players responded with taut ensemble and good balances - especially commendable in the opening Largo, full of ensemblic traps for the unwary. There followed a hugely entertaining account of Vivaldi's concerto for two cellos, a work in which the delightful invention of the opening two movements is, regrettably, not matched by the somewhat stock phraseology of the third. Nonetheless, Lewin and Martens had the audience rivetted with some electric playing.
Brasler (who provided solid continuo support throughout the concert) had less success with his account of Handel's A major organ concerto. It was played on a chamber organ set behind the strings and, unfortunately, the solo line rather lacked presence in consequence. Perhaps the strings could have been further reduced for this piece?
In contrast, Crida (who also led for most of the concert) was heard to marvellous effect in the near-virtuoso writing of the Tartini concerto, the fast movements of which are characterised by skidding scales and lightning-quick ornamentation.
Finally, a lovely account of the entirely happy "Brandenburg 3", in which Crida and co-instrumentalist de Roubaix swopped their violins to make up the trio of violas required. It is a potentially dangerous exercise; the viola is larger, and every interval on the fingerboard just a little wider than that on the violin. To their credit, they appeared to have no difficulty in matching the infectious enjoyment of the other players in this glorious work.
Deon Irish
Die Burger - Geslypte ensemble imponeer steeds
KAMERMUSIEK: Die Camerata Tinta Barocco. Eergister in die St. George-katedraal, Kaapstad.
'n GOEIE eerste indruk is 'n belangrike oorwinning. Maar dit skep ook die druk om die hoë peil te handhaaf.
Die Camerata Tinta Barocco het einde verlede jaar begin lewe kry, maar ek het eers verlede maan met hierdie ensemble keenis gemaak toe hy in die St. George-katedraal 'n suiwer Barokprogram aangebied het. Sy volgende optrede was eergister in dieselfde waardige lokaal, dié keer met musiek wat ietwat nader aan die hede lê. Ook hierdie toets is verfrissend maklik geslaag.
Die spelers was nie almal dieselfde as die vorige keer nie. Die “ou” gesigte was dié van Quentin Crida, Piet de Beer, Kevin Cook (almal viool), Henrike Kovats (basviool) en Grant Bräsler (klavesimbel). Ook Emile de Roubaix was weer daar, maar het sy viool vir ’n altviool verruil. Die talentvolle Philip Martens en Anouk Espi het die vioolseksie versterk, terwyl Marelize Fourie in die plek van Cheryl de Havilland die tjelloparty behartig het.
Hul eerste nommer, Carl Philipp Emanuel Bach (1714-1788) se driedelige Simfonie no. 2, klink nog baie soos musiek uit die laat Barok. C.P.E. is een van die geniale J.S. Bach se 20 kinders en een van ’n paar seuns wat ook komponiste geword het. Die simfonie is lewendig uitgevoer.
Die res van die tyd is vir die twee reuse van die Weense Klassieke era gereserveer: Joseph Haydn en W.A. Mozart.
Vir eersgenoemde se Tjelloconcerto no.1 het Peter Martens, Philip se ouer broer, as solis verskyn. Peter is 34 jaar gelede in Kaapstad gebore en is al lank sinoniem met eersterangse tjellospel – in die Kaapse Filharmoniese Orkes, in kleiner ensembles en alleen. Hy was weer op sy stukke met sy suiwer, singende klank, gepoleerde tegniek en fyn aanvoeling. Al kon ek heelaand geen swak plek vind nie, het niks my aangegryp soos die stadige middeldeel van die Haydn-concerto nie.
Die kollegas het Martens pragtig ondersteun. Hoewel Haydn eintlik ook vir hobo’s en horings voorsiening gemaak het, word hulle blykbaar soms deur die klavesimbel vervang. Wanneer dit deur ’n meester soos Bräsler gedoen word, kla ’n mens nie, al is jy so lief vir die horingklank.
Martens en die ensemble het die applous beloon met ’n toegif: ’n verkwikkende Paganini-fantasie soos deur die Brits-Kaapse tjellis en komponis Allan Stephenson vir Martens verwerk.
Ná die pouse was Mozart se immergroen stryker-serenade Eine kleine Nachtmusik (’n Klein Nagmusiek) aan die beurt. Danksy ’n plaat in my ouerhuis het ek amper ’n halfeeu gelede daarop verlief geraak. Die vele luistersessies ten spyt het die Camerata se weergawe dit splinternuut laat voel. Dit wil gedoen wees. Peter Martens het hier Fourie se tjellostoel ingeneem.
’n Onaangekondigde toegif in die Klassieke styl het die geluksbeker meer as gevul. Kapenaars het hier ’n afgeronde, jong ensemble wat hulle in groot getalle moet steun. Die volgende geleentheid is op 14 Julie om 19:30 in die katedraal. Navrae: 021 782 2778.
Die Burger - Ná so 'n verwarmende musiekaand sê mens: bly te kenne, CTB
KONSERT: Die Camerata Tinta Barocca (CTB). Eergisteraand in die St. George-katedraal, Kaapstad. SEDERT laat verlede Desember kry Die Burger elke nou en dan 'n versoek om lesers te vertel van 'n nuwe ensemble se konserte in die Moederstad se Anglikaanse katedraal. Vir die geleentheid eergister was 'n uitnodiging by. Die kennismaking met die CTB was aangenaam.
Die naam impliseer dat die groep 'n kamerorkes is wat veral op Barokmusiek fokus. 'nMens word ook aan die wyn tinta barocca herinner. Onvanpas is dit nie, want die spel was op dié nat, kouerige aand verwarmend soos goeie rooi wyn.
In aksie was mense in hul fleur: die violiste Quentin Crida, Kevin Cook, Piet de Beer en Emile de Roubaix, die altviolis Jan-Hendrik Harley, die tjellis Cheryl de Havilland, die basviolis Henrike Kovats asook die klavesinis Grant Bräsler. Net oor Cook word in die gedrukte program uitgewei, omdat hy ook as solis in die kollig was, maar nie een van die ander is aan gereelde konsertgangers onbekend nie. Crida, wat die leier blyk te wees en ook ingelig oor van die komposisies gepraathet, was tot onlangs die Kaapse Filharmoniese Orkes se assistent-konsertmeester. Dáár was De Beer saam met hom sigbaar. Bräsler, St. George se assistent-orrelis, kon 'n mens die laaste paar jaar meermaals voor orrels en klavesimbels bewonder.
Vyf stewige Barokskatte was op die program, wat die konsert iets meer as twee uur lank gemaak het -- met 'n pouse wat die kans gebied het om die prag-gebou te verken.
Afgeronde samespel en lieflike akoestiek het die musiek gekenmerk. Eerste was die Italianer Arcangelo Corelli se Concerto Grosso op. 6 nr. 7, en laaste die Duits-Engelse meester George Frideric Handel se Concerto Grosso op. 6 nr. 2.
Vir die ander werke is 'n solis benodig. Cook, 'n Amerikaner wat hom in 1994 in die Kaap gevestig het en tot 2003 'n lid van opeenvolgende simfonie-orkeste was, het eersteklas gevaar in die grote J.S. Bach se Concerto in A mineur vir Viool, Strykers en Continuo.
Vir twee skeppings van Bach se land- en tydgenoot Georg Philipp Telemann het Nicola van Zyl Smit haar by die CTB aangesluit terwyl Cook en De Roubaix gerus het. Voor die pouse was dit die vierdelige Concerto in C vir Altblokfluit, Strykers in Continuo en later die sewedelige Suite vir Sopraanblokfluit, Strykers en Continuo. Van Zyl Smit het vanjaar op Stellenbosch met lof 'n honneursgraad in blokfluitspel ontvang. Totdat sy in September vir haar M.-graad na die Royal College of Music vertrek, onderrig sy in skole. Hier en daar was 'n heserige noot, maar meestal was die fluitklank suiwer en haar vingervaardigheid sodanig dat sy ook besonder ratse passasies goed baasgeraak het. Die CTB se volgende katedraal-konsert is op 23 Junie om 20:00. Dan word ook die Klassieke Haydn se Tjelloconcerto in C majeur gehoor. Teken dit gerus aan. Kaartjies word by die deur verkoop. Eergister was die prys R50, vir studente R30. Navrae: 021 782 2778 of crida@mweb.co.za.
BAROKMUSIEK: Die Camerata Tinta Barocca met Quentin Crida as solis en die Audivi-­vokale ensemble. Eergisteraand in die St. George-katedraal in Waalstraat.
DIE drie barokwerke wat die Camerata Tinta Barocca Donderdag gespeel het, het hierdie groep se goeie samespel, uitstekende vakmanskap en gesonde musikale ­insig belig.
Die eerste werk op die program, die Concerto in G majeur Alla Rustica van Vivaldi, is ’n concerto sonder ’n solis. Die drie kort dele het ­amper te vinnig verbygegaan, maar die spelers se meelewing en konsentrasie is tog duidelik opgemerk.
In Tartini se Concerto in D majeur, op. 1, no. 4, het Quentin Crida as vioolsolis baie goed gespeel. Sy tegniese vaardigheid sluit ’n uitstekende intonasie in en sy spel is veilig en ritmies. ’n Glansryker toonklank sou dit miskien nóg sprekender ­gemaak het. Die afsluitingswerk op die program was J.S. Bach se Orkessuite no. 3 in D majeur met die baie gewilde “Air” wat as die “Wysie op ’n G-snaar” bekend staan. Dit was juis in dié “Air” waar enkele Franse eindes nie altyd ewe suksesvol met die ­begin van die volgende frase verloop het nie. Die effense tydbuigings wou net nie naatloos bind nie.
Die nege spelers bestaan uit vyf ­violiste en een elk vir altviool, tjello, kontrabas en klavesimbel. Die blaasinstrumente en trom wat in die slag gebly het, is meestal verdubbelings en sou glo die prys van die kaartjies te veel opgestoot het. Die vokale ensemble se bydrae het bestaan uit Monteverdi se “Beatus Vir” (Psalm 111) en Purcell se “Hear my prayer, O Lord” en “Rejoice in the Lord Alway”. Die nege sangers sing suiwer, onopgesmuk en met sjarme. Maar ek kon nie help om te wonder of hulle nie meer plesier uit hul sang geput het as die luisteraars nie.
Die Burger
Saturday 11th March, 2006

webmaster and sponsor develec.com